“Dont give up just because of what someone said. Use that as motivation to push harder”

On your marks, get set.........go!!!! Dis letterlik die enigste woorde wat geuiter word in die eerste kwartaal. Ons eet, drink en slaap atletiek by Hoërskool Die Wilge. Dit is nou wel een van die besigste tye, maar verseker een van die lekkerste tye wat ons oor en oor sal doen.

Ons skop soos ouder gewoonte ons Atletiek seisoen af met ons huissport. Op die 19de en 20ste Januarie het oor die 670 ywerige leeringe gewys tot wat hulle instaat is. Vanaf ‘n 1500m tot en met gewigstoot het elke leerder deelgeneem. Dit is net weereens hier wat mens besef dat met genoeg motivering en uithou vermoëe, elke atleet tot sy volle potensiaal ontwikkel kan word.

Op 8 Februarie kon Die Wilge weereens gespog met hul personeel en vir almal gewys hoe om ‘n atletiekbyeenkoms aan te bied. Dit was, ons jaarlikse Atletiekbyeenkoms by die Puk Kenneth Mc Arthur waar ons skole soos Keurhof, Oom Paul, Daeraad en Coligny uitgenooi het om deel te neem. Die Wilge het weggestap met goeie tye en plekke, en dan praat ons nie eers van ons 0/19 seuns aflosspan wat absoluut hul goue medaljes verdien het. Ons stap daardie dag weg met verskeie eerste, tweede en derde plekke. Aan elke Die Wilge atleet, ons as personeel is ongelooflik trots op julle.

Hierdie jaar 2017 het ons besluit om dinge bietjie anders te doen as al die vorige jare. Op 16 Februarie het ons met 120 leerlinge Johannesburg toe gegaan om deel te neem by Elandspark in Bedfordview. Ons leerders het dit vreeslik geniet om deel te neem teen skole waaraan hulle nog nooit deelgeneem het nie.

Op die 9 de Maart was dit weer tyd vir die jaarlikse Inter wat aangebied was deur Coligny. Ons atlete het Die Wilge baie trots gemaak. Ons het weggestap met die 3 de plek en bekleë verskeie eerste, tweede en derde plekke. Die 0/19 seuns aflosspan spog met die mooiste hemde en bewys weer eens dat hulle goud moes wen. Onalenna Masilo stap weg as die beste veldatleet asook Junior Victor Ludorm. Lethlogonolo Meseo stap wag as die beste baanatleet asook Senior Victor Ludorm. Net toe ons dink alles kom tot ‘n einde het die onderwysers besluit hulle wil weer voel hoe dit voel om jonk te wees. Juf Kruger het vir Die Wilge weggespring alles loop mooi vlot, sy handig die stokkie oor aan Mnr Visser ons loop mooi voor. Mnr Visser moet die stokkie aan Mnr Rudd oorhandig, laat ons net se Mnr Van Wyk het nooit die stokkie gekry nie...... Dit kos juffrou Hough ‘n half uur om te kalmeer soos sy lag en laat ek net se Mnr Rudd het vir ‘n paar dae maar moeilik geloop.

Vanaf die 29 – 1 April het ons met 21 atlete die tog Durban toe gemaak om deel te neem aan die SA’s. Die leerders het baie goed gedoen en het teruggekom met uitstekende resultate. Aan juffrou De la Rose en Oom Roelf se ek baie dankie dat hulle hul tyd opgeoffer het om saam met ons te gaan.

• Kealeboga Faku (800m Goud)
• Bokamosa Mandu (Spiesgooi)
• Sarah Lethabane (100m)
• Sara Matashe (Spiesgooi)
• Bernita Ellford (100m)
• Mina Slambert (Hoogspring)
• Sophie Mofokeng (800m)
• Onalenna Masilo Verspring (Silwer), Hoogspring (Silwer) en diskus
• Lethlogonolo Meseo (400m Silver 200m Silver en 100m)
• Chrisjan van der Westhuizen Spiesgooin (brons)
• Thapelo Dimo (100m)
• Koos Kampies (400m)
• Hlumelo Mfenyane (400m)
• Kurtley Jones (Verspring)
• Xolile Nyatela (Verspring)
• Ramolatudi Lubby (Spiesgooi)
• Patrick Matshika (200m en 100m0
• Unity Morake (800m, 400m en 100m)
• Mogomotsi Sejammoka (5000)
• Wenzlin Swartz (Diskus)
• Serame Sekonyela (800m)

Aan elke atleet, ons is ongelooflik trots op julle en alles wat julle die seisoen bereik het. Julle maak ons ongelooflik trots.Ons sien sommer uit na die volgende seisoen.

“You don’t have to be great to start, but you have to start to be great”

2017

   
   
 
     
     

2016 

“Strength doesn’t come from what you can do. It comes from overcoming the things you once thought you couldn’t”

OP JULLE MERKE….GEREED…..GAAN!!!
Daar is net een woord waaraan ons hierdie woorde kan koppel en dit is atletiek!!

Hier by Die Wilge strewe ons om as ‘n span saam te staan en die atletiekseisoen een van die mees onvergeetlikste tye vir elke atleet te maak.

Ons neem deel op verskeie vlakke asook teen verskillende skole, van Hoër Tegniese Skool Potchefstroom tot en met Goudwes in Gauteng.
By ons jaarlikse Konika Minolta Prestige byeenkoms is dit verblydend om te sien hoe sommige van ons atlete kop en skouers bo die ander uitstaan. Ons nooi skole soos Keurhof, Daeraad , Coligny, Goudwes en Oom Paul daarna uit om die dag saam met ons te kom geniet.
 

 

 
     
     
     
     
 
 

Home | About Us | ...

 

This website designed and maintained by GSD Potch - The WEB people...  - www.gsdpotch.com

We recommend that you view this website with: MS IE 7+ of Google Chrome 1.0 or  Mozilla 4.0